Hangbrug by die Pretoria Nasionale Dieretuin

Einde 2013 het Jan Appelgrein en ek die voorsitter Dirk Bester genader met 'n versoek dat die werkspan van Die Vriende van die Dieretuin die Hangbrug oor die Apies rivier in die dieretuin kan restoureer. Hier is ons nou 18 maande en R152 000 later, honderde man ure gewerk. Met net een Saterdag in 'n maand op 'n Pretstap. Sweet het gespat en partykeer het bloed ook gevloei, moet ook nie vergeet van duisende skroewe wat ingedraai moes word nie en daarna seer hamstrings.


Nou is ons uiteindelik klaar en al die lede van die werkspan voel dieselfde. Goeie werk gedoen tot voordeel van die publiek wat die hangbrug gebruik en ook tot voordeel van die Dieretuin. 'n Wen Wen situasie. Soos ek Saterdag gesĂȘ het met die inwyding van die brug, die volgende projek is goedgekeur en die werkspan is reg vir die Plaaswerf. As julle ons daar sien werk met die Pretstappe kom groet ons en kom kyk gerus na die vordering. 

Sien julle in die plaaswerf. 


2015

Desember


    


November


  


Oktober


     


September


   


Augustus


    


Julie


 


Junie


 


April


  


Maart


   


Februarie


 


Januarie


 


2014

Oktober



September


 


Augustus


 

Julie


 


Mei


   

April


  

Maart


    




Comments

Popular posts from this blog

Katrol by die kameelperde