Friday, 25 November 2016

3de Desember Pretstap - Laaste stap vir 2016!

Ons gaan Saterdag op 3 Desember 2016 ‘n middag-aand Pretstap hê. Dit is ook die jaarafsluitings funksie, met ‘n bring en braai. Hieronder is 2017 se Pretstap datums:

21 Januarie
18 Februarie
18 Maart
25 Maart is 'n Aandstap
15 April 
20 Mei
17 Junie 
15 Julie
19 Augustus
16 September 
21 Oktober 
18 November 
2 Desember is 'n Aandstap

Die Pretstap is ‘n 5km stap binne in die Nasionale Dieretuin in Pretoria en vind plaas elke 3de Saterdag van die maand. Dit is nie nodig om te bespreek of om te registreer nie. Die stap is oop vir die publiek. Die ingang open om 18:00 en die stap begin om 18:30.

Kostes: Nie–Lede: R50 per volwassene en R30 vir kinders onder 18 jaar.
             Lede: R40 per volwassene en R30 vir kinders onder 18 jaar.

Kaart fasilitiete is nou beskikbaar by die ingang.

Koste sluit ‘n pragtige medalje in. Kies en Keur medalje. 

Parkering is reg voor die hoofingang in Boom Straat. As daardie een vol is word die parkering aan die anderkant van die pad oop gemaak. 

Dit is veilige parkering wat net beskikbaar is vir besoekers aan die Dieretuin.

Daar sal ‘n bring en braai en ‘n kersboom vir die kinders by die Flamingo wees, na die Pretstap.
Die ouers bring ‘n geskenkie van ongeveer R50-R100 vir hulle eie kinders. Draai dit asb toe en skryf u kind se naam duidelik op die geskenk.

U handig die geskenkie by die Flamingo in en kersvader sal dit na die stap aan die kinders uit deel.

Bring saam: Flitslig of koplig, kos vir ‘n braai of ‘n piekniekmandjie, eie eetgerei en koeldrank asook ‘n opvou stoel en u kind se geskenk. Braaiers en vuur sal voorsien word.


Kopligte en boerewors rolletjies en koeldranke sal verkoop word.

No comments:

Post a Comment