Thursday, 23 July 2015

Morning Tea 29 August 2015

29 August 2015
Enjoy Morning Tea with guest performer TRIO

When: Saturday, 29 August. Time: 10am.
Where: National Zoological Gardens.



We need hostesses for this event. Please contact Lettie for more information info@fotz.co.za

Tuesday, 21 July 2015

MAPUTALAND, OLIFANTKUS, 

EN ST LUCIA VLEILAND9 - 16 JUN 2016

Die hele St Lucia-Vleipark vanaf Mapelane in die suide tot by Kosibaai in die Noorde, insluitend Valsbaaipark, Mkuze Wildtuin en Sodwanabaai Nasionale Park, is ‘n wêrelderfenisgebied en word as ‘n Ramsar Vleigebied van Internasionale belang erken.

9 Jun
Ons vertrek om 06:00 vanaf die Garden Court Hotel in Endstraat (sykant van die Hotel) op ons opwindende toer na die Maputaland, die Olifantkus en St Lucia  Vleilandgebied.  Ons ry met die N17 tot by Ermelo en Piet Retief tot by Pongola.  Hier swenk ons weg in die rigting van Ithala wat naby Louwsburg geleë is.  Laatmiddag wildsbesigtiging in Ithala.  Ithala lê aan die voet van die Ngotshe Berge.  Die Park bestaan uit hoë plato’s en diep uitgekerfde rivier beddings.  ’n Paar riviere vloei deur die Park en vloei in die Pongolarivier in wat die noordelike grens van die Park is. Aandete en oornag Ithala Wildtuin.

10 Jun
Ons vertrek in die rigting van Ndumo Wildtuin via die Pongolapoortdam wat ook bekend staan as die Josinidam.  Die uitsigte is ongelooflik mooi!  Die dam is in die Pongolarivier geleë en dis die enigste waters in Suid-Afrika waarin daar tiervis voorkom!  Ndumo Wildtuin is bekend vir sy panne wat omsoom is met pragtige koorsbome.  Die hoogste telling voëlspesies in die land kom voor by Ndumo - 430 verskillende voëlspesies is al hier opgeteken!  Wildsbesigtiging in Ndumo en dan gaan ons verder Kosibaai waar ons oornag.  Aandete en oornag Kosibaai.  

11 Jun
Na ontbyt besoek ons die Kosiriviermond.  Die Kosiriviermond staan bekend as die Akwarium omdat die water so helder is en daar so ’n ryke verskeidenheid is van visspesies.  Ons sien ook by die riviermond die tradisionele visfuike van die plaaslike bevolking.  Die natuur hier is ongelooflik mooi, die Kosipalm is volop in Kosibaai en het die langste blare in die planteryk.  Vandag is daar ‘n geleentheid vir ‘n opsionele bootrit.  Aandete en oornag Kosibaai.

12 Jun
Na ‘n heerlike ontbyt ry ons na Tembe Olifantpark vir wildsbesigtiging.  Tembe is die tuiste van die tweede grootste inheemse trop olifante in Kwa Zulu Natal en is 300vk kilometer in oppervlak en is geleë in die sandwoude van Maputaland! Tembe se olifante is van die grootstes in die wêreld!   Die groot 5 is ook hier asook die skaars Suni en die Rooi duiker.  Oornag Kosibaai.


13 Jun
Vandag reis ons in die rigting van die Sibayameer tot by Mabibi en ons ry al langs die meer.  Die Sibayameer is die grootste varswatermeer in Suider-Afrika.  Dit was vroeër aan die see verbind, maar die riviermonding is lank reeds afgesluit.  Ons doen aan by Sodwanabaai en dan na St Lucia waar ons oornag.

14 Jun
Na ontbyt vertrek ons in die rigting van Cape Vidal waar ons die see en die pragtige natuur kan bewonder.  Hier kan u ‘n lang ent langs die see gaan stap!  Ons keer terug betyds om op ons bootrit op die St Luciameer te vertrek.  Op hierdie bootrit sien ons baie seekoeie, krokodille en soms olifante op die land. Oornag St Lucia

15 Jun
Na ontbyt vertrek ons na Mkuze Wildtuin, wat op die kusvlakte van Maputaland geleë is. Ons doen wildsbesigtiging vir die res van die dag.   Mkuze is bekend vir sy talryke voëls. Daar is 600 verskillende voëlspesies hier aangeteken.  Aandete en oornag Mkuze

16 Jun
Na ‘n heerlike ontbyt pak ons die bagasie en vertrek terug na Pretoria.  Ons arriveer ongeveer 17:00 met wonderlike herinneringe aan hierdie besondere deel van ons land!

Moenie hierdie besondere toer misloop nie!   Dit is ‘n deel van ons land wat ongerepte natuur het en dis ook nie sommer ‘n gedeelte waarheen mens op jou eie sal gaan nie!

Hoop ons sien u op die bus!